Archive for the Wat die Kenners sê Category

Vooruitsigte vir Suid-Afrika se beleidskoers

Volgens Arthur Kamp, Beleggingsekonoom, Sanlam Beleggingsbestuur het  “…….die opwelling in die binnelandse ekwiteitsmark vanaf die resessie-geïnduseerde laagtepunt in 2009, gehelp on ’n terugspring in huishoudelike netto welvaart te stut, wat die herstel van huishoudelike verbruik verder ondersteun het.  In der waarheid het verbruikersbesteding die konsensus-verwagtinge op verrassende wyse deur die loop van 2010 oortref, met ’n gemiddelde groei van tussen vyf en ses persent (teen ’n jaarlikse koers) per kwartaal van 4Q09 tot 3Q10.
 
Soos die sakesiklus se opswaai ontvou, kan daar verwag word dat die opbrengskoers op kapitaal sal verbeter, wat die herstel in vastebeleggingbesteding en werkskepping in die privaat sektor sal aanmoedig.  Derhalwe word daar verwag dat die opswaai in binnelandse finale aanvraag deur 2011 en tot in 2012 momentum sal behou.” Lees verder….

Veerkragtige Rand ondersteun herstel van plaaslike aanvraag

Die groeiende herstel van die wêreldwye ekonomie, die gepaardgaande toename in Suid-Afrika se handelsvoorwaardes oor die afgelope jaar en die duidelike afname in die dienskostes van huishoudelike skuld deur die loop van 2009, ondersteun ? herstel van die ekonomiese groei in die jaar wat voorlê.  Lees verder …

Ekonomiese en Markanaliese 27 – 31 Julie 2009

Al meer internasionale fundamentele aanwysers toon dat die wêreldwye ekonomiese resessie sy einde nader – en die afgelope week was geen uitsondering nie. Plaaslik het Suid-Afrikaanse aandele hul stygende neiging volgehou desondanks stakings in die meerderheid ekonomiese sektore. Buitelandse belangstelling in Suid-Afrikaanse aandele en effekte bly steeds positief. Tesame met die sterk toename in die goud- en platinumpryse, het die randwisselkoers teenoor al die hoofgeldeenhede geappresieer. Eiendomsaandele het uiteindelik begin om positief te beweeg. Lees verder..

Ekonomie en Mark Analise Junie 2009

Ondanks die siening van verskeie ontleders dat die huidige styging in aandelepryse slegs ‘n regstelling in ‘n beermark is, is Dynamic Wealth van mening dat genoeg fundamentele bewyse bestaan dat die draaipunt op aandelemarkte op 3 Maart 2009 was. Dit beteken dat aandelepryse reeds weer ‘n bulfase beleef.  Lees verder……

Ekonomiese en Markanalise Januarie 2009

Ten spyte van negatiewe vooruitsigte vir internasionale ekonomieë, is daar steeds optimisme dat die Suid-Afrikaanse ekonomie die resessie moeilikhede kan weerstaan. Kern ekonomiese gebeure oor die volgende maand mag tot ‘n sterk herstel in die Suid-Afrikaanse finansiële markte lei. Lees verder

Ekonomiese en Markanalise 1 – 5 Desember 2008

Wêreld finansiële markte het verlede week begin herstel. Negatiewe sentiment maak plek vir optimisme, soos wat van die reddingsgelde in die VSA via die banksektor versprei is. Die Dow Jones op Wall Street het op al vier dae hoër gesluit (Donderdag was ‘n publieke vakansiedag). Die indeks het die grootste styging in ‘n week vir hierdie jaar gehad van byna
17%. Verwagtings vir verdere belastingverligting van die Obama administrasie vroeg volgende jaar, asook verdere rentekoersverlagings, ondersteun die herstel. Lees verder

Ekonomiese & Mark Analise

Die vraag of die JSE gedurende November sal herstel, is op talle se lippe.  Professor Chris Harmse en sy span navorsers by Dynamic Wealth het, onder andere, die volgende te sê: 

 “Ondanks die groei van bykans 12% in die JSE ALSI (tussen sy laagste vlak van 17 812 punte op 24 Oktober 2008 en die sluiting by 20 030 punte op 7 November 2008), sal die nuus dat die vooruitsig van Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel tot negatief hersien is – weens die groot tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans en aanduidings dat kommoditeitspryse onder druk gaan bly – veroorsaak dat die volatiliteit op die JSE voortduur.  Nietemin is ‘n herstel in aandelepryse in November baie moontlik, danksy die verwagte verdere skerp dalings in die petrolprys, stadiger stygings in voedselpryse, skerp daling in die inflasiekoers, sterker rand en internasionale portefeulje belangstelling in Suid-Afrikaanse aandele. Die positiewer sentiment wêreldwyd vanweë die gesamentlike pogings deur verskeie lande om verdere resessiedruk te bekamp, behoort ook kommoditeitspryse te ondersteun oor die volgende paar maande. Hulpbronaandele op die JSE kan dus verbeter.

TEGNIESE ONTLEDING

Die Top 40 Indeks het met ‘n enorme 48.5% gedaal vanaf sy hoogtepunt op 22 Mei, en is baie naby aan die tegniese weerstandvlak van 50%. Dit wil voorkom of die Top 40 Indeks besig is om ‘n vloergrondslag vir 2008 te vestig – die laagtepunt wat moontlik op die 27ste Oktober bereik is. Indien die indeks nie deur die laagtepunt van 16 122 daal nie, sal die Top 40 Indeks tot in 2009 herstel. Aankope van sommige aandele teen die huidige vlakke kan dus oorweeg word.” Lees verder

Opkomende ekonomië se gradering Veilig

Opkomende ekonomieë se gradering veilig.  In hierdie Sake 24-berig lewer Prof Harmse van Dynamic Wealth positiewe kommentaar op die internasionale graderingsagentskap, Moody’s, se nuwe verslag wat huidiglik aandui dat Suid-Afrika buite gevaar is en dat die kanse “bitter skraal” is dat, onder andere, ons buitelandse valuta-reserwes gaan opdroog, dat die land se buitelandse skuld te hoog is, en dat ons banke likiditeitsprobleme gaan opdoen. Lees verder

Ekonomiese & Markanalise – Weeklikse Verslag

Die herstel van aandelepryse regoor die wêreld het verlede Maandag begin na die skynbare onbelangrike aankondiging dat nuwe huisverkope in die VSA met 4000 tot 464 000 gedurende September 2008 gestyg het. Dit was baie meer as die verwagte hoeveelheid van 450 000. Read on

Ekonomiese kommentaar – Jac Laubscher, Groepekonoom: Sanlam Beperk

6 Oktober 2008

Die internasionale finansiële krisis Deel 2: Herontwerping van die finansiële stelsel

Die finansiële krisis wat die wêreld sedert Augustus 2007 teister, het nog nie ten einde geloop nie maar het reeds onherroeplik die finansiële landskap verander, veral in die Anglo-Saksiese lande. Die beleggingsbanke wat vir meer as sewentig jaar deel van die VSA finansiële argitektuur uitgemaak het, het verdwyn, die wêreld se grootste versekeraar is nou 85% in staatshande (al sou dit net tydelik wees), belangrike verbandfinansieringsinstellings in die VSA en VK is genasionaliseer, meer as een instelling is gedwing tot oorname deur ‘n ander instelling met ‘n meer gesonde kapitaalposisie, en die herkapitalisering van die bankstelsel met behulp van openbare fondse skyn onvermydelik te wees. Continue reading Ekonomiese kommentaar – Jac Laubscher, Groepekonoom: Sanlam Beperk

Ekonomiese kommentaar – Jac Laubscher, Groepekonoom: Sanlam Beperk

01 Oktober 2008

Die internasionale finansiële krisis – Deel 1: die impak daarvan op die reële ekonomie en finansiële markte

Dit wil voorkom asof ‘n nuwe hoofstuk weekliks geskryf word in die ontvouende drama, naamlik die internasionale finansiële krisis, waarin die wêreld reeds sedert 2007 vasgevang is. Beoordelings van die krisis, die moontlike toekomstige verloop daarvan, die uitwerking wat dit op die reële ekonomie kan hê en die mate waarin selfs lande wat nie regstreeks by die woelinge betrokke is nie (met inbegrip van Suid-Afrika) daardeur geraak kan word, word gereeld deur gebeure oorval. Continue reading Ekonomiese kommentaar – Jac Laubscher, Groepekonoom: Sanlam Beperk

Efficient Research – Inflation Focus

The resources sector on the JSE should be supported by the slight pick-up in commodity prices while investors will keep an eye on the CPI data scheduled for 11:30.  Read on

Die Wêreld Rondom Ons – Hoë Olie Pryse

Hierdie artikel is geskrywe deur Charles Snyman, een van die Efficient Groep se bekwame Beleggings- en Portefeuljebestuurders.  As ek self so kyk na wat die afgelope tyd met die Hulpbronne-aandele (wat die dryfkrag was van ons mark vir maande, reeds) gebeur het teen die agtergrond van verskeie ander wêreldgebeure – kan mens sien hoekom ons beurs en ons beleggers se portefeuljes doodeenvoudig daarmee saam moes terugsak.  Teen hierdie lae vlakke bied die mark natuurlik weer baie goeie koopgeleenthede en is dit nou veel eerder ‘n tyd om tot die mark te begin toetree – as om daaraan te dink dat dit die einde van die wêreld (of jou belegging) is!  Hierdie tipe sikliese insinkings is niks nuuts nie – en wees maar gewaarsku – dit gaan weer in die toekoms gebeur.  Daarom is dit juis belangrik dat daar betroubare, verantwoordelike mense op die voorpunt staan van jou beleggings met ‘n “game plan” om so tussen mark- en wêreldgebeure deur jou beleggingsbelange te help navigeer – want alleen – en op eie houtjie – sonder die nodige inligting, navorsing en kundigheid – kan Jan Publiek – met respek – dit net nie doen nie.  Lees verder

Ekonomiese en Mark-analise 7-11 Julie

Die groot vraag in die ekonomie hierdie week is of Suid-Afrikaanse markte die res van die wêreld verder gaan volg. Dus, wat gaan gebeur met kommoditeitspryse en veral oliepryse, die Dollar/Euro koers en inflasieverwagtings? Lees verder.

SUID-AFRIKA

Professor Chris Harmse en sy span maak die volgende opmerkings: “Ekonomiese groei verlangsaam, die geldeenheid is aan’t verswak, inflasie styg en rentekoerse kan verder verhoog word. Alhoewel dit genoeg rede vir pessimisme is, vorm dit deel van die ekonomiese herbalanseringspakket. Die eindresultaat sal ‘n gesonder ekonomie wees.  Nog ‘n faktor om fyn dop te hou, is internasionale verwikkelings in rentekoerse. Indien koerse in die EU en VSA verhoog, kan dit tot ‘n uitvloei van portefeuljekapitaal in Suid-Afrika lei wat sal bydra tot die depresiasie van die rand. Indien die depresiasie ernstig is, sal rentekoerse dalk na Augustus verhoog moet word”.  Lees Verder