Die Wêreld Rondom Ons – Hoë Olie Pryse

Hierdie artikel is geskrywe deur Charles Snyman, een van die Efficient Groep se bekwame Beleggings- en Portefeuljebestuurders.  As ek self so kyk na wat die afgelope tyd met die Hulpbronne-aandele (wat die dryfkrag was van ons mark vir maande, reeds) gebeur het teen die agtergrond van verskeie ander wêreldgebeure – kan mens sien hoekom ons beurs en ons beleggers se portefeuljes doodeenvoudig daarmee saam moes terugsak.  Teen hierdie lae vlakke bied die mark natuurlik weer baie goeie koopgeleenthede en is dit nou veel eerder ‘n tyd om tot die mark te begin toetree – as om daaraan te dink dat dit die einde van die wêreld (of jou belegging) is!  Hierdie tipe sikliese insinkings is niks nuuts nie – en wees maar gewaarsku – dit gaan weer in die toekoms gebeur.  Daarom is dit juis belangrik dat daar betroubare, verantwoordelike mense op die voorpunt staan van jou beleggings met ‘n “game plan” om so tussen mark- en wêreldgebeure deur jou beleggingsbelange te help navigeer – want alleen – en op eie houtjie – sonder die nodige inligting, navorsing en kundigheid – kan Jan Publiek – met respek – dit net nie doen nie.  Lees verder

Leave a Comment