Hoe goed ken jy jouself?

Is jou bynaam Scrooge?  Of dra jy dalk ‘n t-hemp wat wyd en syd verkondig: Born to Shop!  Of … werk jy dalk so hard dat jy vergeet om geld te maak?!

Dit is tipiese geldpersoonlikheidseienskappe.  Het jy geweet dat jy ‘n geldpersoonlikheid het?  En dat jou geldpersoonlikheid jou houding teenoor geld bepaal en ‘n direkte invloed het op die manier hoe jy geld genereer, spaar en spandeer?

Versekerde Beleggingsmakelaars kan jou help om jou geldpersoonlikheid in te span om vir JOU te werk.  Wanneer jou geldprofiel vasgestel is, kan ons jou beter help om finansiële besluite te neem wat jou soos ‘n handskoen pas.  Nie net gee dit jou die gemoedsrus om te weet dat jy versorg is vir jou toekoms nie, maar dit verskaf ook ‘n gevoel van genoegdoening om te weet dat jy in beheer is van jou eie sake – en verstaan hoekom jy sekere besluite en standpunte inneem rondom jou siening van geld en die gepaardgaande risiko’s daaraan verbonde, asook jou verwagtinge ten opsigte van opbrengs.

Wat doen die Moneymax Geldpersoonlikheidsprofiel alles?

  • Dit wys you sterk- en swakpunte van finansiële bestuur duidelik uit (daar word geen doekies omgedraai nie!).
  • Dit help jou verstaan waarom jy by tye optree soos wat jy doen.  Finansiële bestuur is beslis nie net syferwerk nie. Warren Buffett – die groot geldguru – het gesê dat jou EIE OPTREDE ten opsigte van beleggings DIE GROOTSTE RISIKO inhou. Uit ondervinding weet ons dat hy reg is.
  • Dit help jou verstaan hoe en hoekom jy sekere finansiële besluite in die verlede geneem het – en met dié kennis in pag kan jy beter besluite vir die toekoms neem.
  • Dit bevorder begrip en verminder argumente oor geld in die huwelik!  Hoe so?  Deurdat man en vrou besef dat hulle verskillend dink oor geld en binne hul eie geldstyl en -profiel optree.
  • Laastens gee dit die finansiële adviseur ‘n resep waarvolgens hy jou geldsake behoort te struktureer sodat dit by jou geldprofiel en behoeftes pas.

Finansiële beplanning is so persoonlik soos om ‘n bril te koop wat by jou besondere sig en gesig pas – ‘n intieme en persoonlike saak – wat deur ‘n kundige getoets en versigtig en weldeurdag gemeet en gepas moet word.  ‘n Mens loop mos nie by ‘n oogarts in en kies bloot die eerste bril en lens wat jy sien van ‘n rak af nie!  Waarom kies soveel mense ‘n een-grootte-pas-almal finansiële oplossing wat net nie goed sit nie?

Versekerde Beleggingsmakelaars is oortuig daarvan dat die professioneel-getoetste geldprofielstelsel wat ons aanwend ‘n groot verskil in jou finansiële beplanning – en in jou gemoedsrus – sal maak.  Onthou, beleggingsoplossings wat “almal pas”, is nooit nommerpas vir jou nie!

Indien jy meer wil weet kontak ons by 041 3651303.

Leave a Comment