SUID-AFRIKA

Professor Chris Harmse en sy span maak die volgende opmerkings: “Ekonomiese groei verlangsaam, die geldeenheid is aan’t verswak, inflasie styg en rentekoerse kan verder verhoog word. Alhoewel dit genoeg rede vir pessimisme is, vorm dit deel van die ekonomiese herbalanseringspakket. Die eindresultaat sal ‘n gesonder ekonomie wees.  Nog ‘n faktor om fyn dop te hou, is internasionale verwikkelings in rentekoerse. Indien koerse in die EU en VSA verhoog, kan dit tot ‘n uitvloei van portefeuljekapitaal in Suid-Afrika lei wat sal bydra tot die depresiasie van die rand. Indien die depresiasie ernstig is, sal rentekoerse dalk na Augustus verhoog moet word”.  Lees Verder

Leave a Comment