Ekonomiese & Mark Analise

Die vraag of die JSE gedurende November sal herstel, is op talle se lippe.  Professor Chris Harmse en sy span navorsers by Dynamic Wealth het, onder andere, die volgende te sê: 

 “Ondanks die groei van bykans 12% in die JSE ALSI (tussen sy laagste vlak van 17 812 punte op 24 Oktober 2008 en die sluiting by 20 030 punte op 7 November 2008), sal die nuus dat die vooruitsig van Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel tot negatief hersien is – weens die groot tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans en aanduidings dat kommoditeitspryse onder druk gaan bly – veroorsaak dat die volatiliteit op die JSE voortduur.  Nietemin is ‘n herstel in aandelepryse in November baie moontlik, danksy die verwagte verdere skerp dalings in die petrolprys, stadiger stygings in voedselpryse, skerp daling in die inflasiekoers, sterker rand en internasionale portefeulje belangstelling in Suid-Afrikaanse aandele. Die positiewer sentiment wêreldwyd vanweë die gesamentlike pogings deur verskeie lande om verdere resessiedruk te bekamp, behoort ook kommoditeitspryse te ondersteun oor die volgende paar maande. Hulpbronaandele op die JSE kan dus verbeter.

TEGNIESE ONTLEDING

Die Top 40 Indeks het met ‘n enorme 48.5% gedaal vanaf sy hoogtepunt op 22 Mei, en is baie naby aan die tegniese weerstandvlak van 50%. Dit wil voorkom of die Top 40 Indeks besig is om ‘n vloergrondslag vir 2008 te vestig – die laagtepunt wat moontlik op die 27ste Oktober bereik is. Indien die indeks nie deur die laagtepunt van 16 122 daal nie, sal die Top 40 Indeks tot in 2009 herstel. Aankope van sommige aandele teen die huidige vlakke kan dus oorweeg word.” Lees verder

Leave a Comment