Vooruitsigte vir Suid-Afrika se beleidskoers

Volgens Arthur Kamp, Beleggingsekonoom, Sanlam Beleggingsbestuur het  “…….die opwelling in die binnelandse ekwiteitsmark vanaf die resessie-geïnduseerde laagtepunt in 2009, gehelp on ‘n terugspring in huishoudelike netto welvaart te stut, wat die herstel van huishoudelike verbruik verder ondersteun het.  In der waarheid het verbruikersbesteding die konsensus-verwagtinge op verrassende wyse deur die loop van 2010 oortref, met ‘n gemiddelde groei van tussen vyf en ses persent (teen ‘n jaarlikse koers) per kwartaal van 4Q09 tot 3Q10.
 
Soos die sakesiklus se opswaai ontvou, kan daar verwag word dat die opbrengskoers op kapitaal sal verbeter, wat die herstel in vastebeleggingbesteding en werkskepping in die privaat sektor sal aanmoedig.  Derhalwe word daar verwag dat die opswaai in binnelandse finale aanvraag deur 2011 en tot in 2012 momentum sal behou.” Lees verder….

Leave a Comment