Wat die Kenners sê

Professor Chris Harmse se Ekonomiese en Mark-analise verskaf hierdie week interessante leesstof.  Sy kommentaar in sy afsluitparagraaf is veral belangrik vir jou en my, naaamlik:  “Gegewe die verwagte sterk styging in elektrisiteitspryse in April, sal inflasie steeds sterk styg. Dus verwag ons dat aandelepryse nog ‘n afwaartse korreksie kan ondervind en vir die volgende drie maande volatiel gaan bly.” 

Ons beleggingsbestuurders hou egter omstandighede noukeurig dop en kliënte kan weet dat daar met groot omsigtigheid met julle beleggings gewoeker word om waarde uit die mark te haal terwyl die bestuur van die risiko’s wat beleggings raak, altyd voorrang geniet.  Lees verder

Leave a Comment