Wat die Kenners Sê Mei 2008 Ekonomiese & Mark Analise

 Die tekens is duidelik vir my as ‘n Finansiële Adviseur, en gesien uit verskillende hoogs-gekwalifiseerde ontleders se gesigspunt, dat dit beslis ‘n tyd is om vas te hou aan jou aandele of aandeel-gekoppelde beleggings.  Professor Chris Harmse sê die volgende:  “In die Maart-uitgawe van die tegniese ontleding is voorspel dat die ‘regstelling’ in die Top 40 indeks tot ‘n nuwe hoogtepunt sal lei (dus die hoogtepunt wat in Oktober verlede jaar bereik is, oortref).

Die figuur (sien bladsy 3) toon aan dat dit wel gebeur het.  Voorts is die Top 40 indeks aldus tegniese ontleding in ‘n opwaartse beweging wat oor die volgende paar maande sal voortduur. Die Top 40 indeks bly egter in risikogebied, veral indien dit onder die opwaartse weerstandlyn inbeweeg.  Beleggers moet nieteenstaande hulle aandele hou en nie verkoop nie.”  Lees verder

Leave a Comment